Johan en Heloise het trou aan mekaar beloof op Saterdag 08 Oktober by La Plume buite Oudtshoorn.
♥
Wat ‘n spesiale dag was dit nie! Die weer het so mooi gehou en ons kon sommer baie foto’s neem. Met
die bruidspaar se fotosessie, was ons bederf met die mooste sonsondergang en donker wolke – enige
fotograaf se droom! Dit was die perfekte afsluiting vir die perfekte dag. Johan en Heloise, julle het
asemrowend mooi gelyk en dit was ‘n groot voorreg om julle mooiste oomblikke te kon vasvang.
♥
Mag julle vir altyd na mekaar kyk soos julle op jul groot dag na mekaar gekyk het.
Met soveel waardering en liefde! Asof dit net julle twee in die vertrek is en niks anders
saak maak nie.
♥
Geniet hul troufoto’s.
♥
Diensverskaffers:
Onthaal, Spyseniering en Dekor: La Plume
Trourok: Janita Toerien
Strooimeisie Rokke: YDE & Forever New
Hare: Mariska Lodewyk (La Tome Hair & Beauty, Oudtshoorn)
Grimering: Mellany de Kock – MDK Profesional Make-Up Artist
Bruidegom se Pak: Zara
DJ: Jakkals
Blomme: Blommevrou se Kind – Zormay Swiegers
♥
Hierdie fotos is werklik pragtig!!!!
Vreeslik baie dankie Laura!