Laurika en Adriaan verwag hul eersteling!
Hulle dogtertjie word in Desember gebore. Laurika se ma en vriendinne besluit
om vir Laurika en baba Lauriaan te bederf met lekker geskenkies. Haar ooievaarstee was
gehou by die Blue Shed Coffee Roastery in Mosselbaai. Dit was omtrent ‘n oggend getooi
in pienk met die mooiste koek en lekkerste melkskommels. Dankie dat ek deel kon wees van
hierdie spesiale oomblikke!