Monthly Archives: August 2016


Michael & Jean-maré {trou by Uitsig Wedding venue}

Michael en Jean-maré het die knoop deurgehaak op Saterdag, 13 Augustus 2016, by die pragtige Uitsig Wedding Venue buite George. Jean-maré het asemrowend mooi gelyk en Michael het van oor tot oor geglimlag elke keer as hy vir haar gekyk het. Die twee se liefde vir mekaar kan mens maklik aanvoel! Dis ‘n band so sterk en spesiaal en jy kan sien die twee is vir mekaar bedoel! Die venue wat […]


Juan & Adele {verlief en verloof}

Dit was ‘n reënerige en winderige middag, maar Juan en Adele het hulle nie laat afskrik nie! Hulle het ook besluit om hulle vierpotige kinders saam te bring – en was hulle nie opvreetbaar oulik nie! Pippa en Kaptein het sommer dadelik my hart gesteel met hulle liefdevolle geaarthede. Ek kon dadelik sien dat hierdie twee honde-kinders vir Juan en Adele nommer 1 is! Kyk net hoe oulik is die […]

Juan_Adele_Engagement_Shoot_Oudtshoorn

Wilri & Paul {Hoërskool Punt Matriekafskeid}

Op Saterdag 30 Julie, was dit Hoërskool Punt in Mosselbaai se matriekafskeid! Dit was ‘n pragtige sonskyn dag en die matrieks het omtrent uitgehang hierdie jaar met hulle pragtige rokke. Hier volg Wilri en Paul se fotosessie. Mal oor haar vloeiende rok!


Bouwer Gesin

Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar hulle wortels bly as een. ♥ Die Bouwer gesin het besluit om ‘n fotosessie te doen aangesien hulle mekaar so min sien. Hierdie vier is ‘n hegte gesin en mens kan die waardering vir mekaar sommer gou optel! Die band wat Leandré se ouers met haar man het, is so spesiaal. Hy is vir hulle soos hul eie seun […]