Marnus en Kie-Mari het die knoop deurgehaak op 28 April 2018 by die pragtige
Oppie PlaasVenue buite George. Dit reënerige oggend wat in die mooiste sonskyn
dag omvou het. Marnus en Kie-Mari het beide pragtig gelyk en pas perfek by
mekaar! Ek was mal oor die tafeldekor wat eenvoudig maar treffend was! Dit
beeld hulle persoonlikhede so mooi uit. Dankie dat ek kon deel wees en julle
mooiste dag op kamera kon vasvang. Mag God julle huwelik seën en mag julle
elke dag net nog liewer vir mekaar word! Geniet die foto’s!
Diensverskaffers:
Fotograaf: Anke Photography
Venue & Spyseniering: Oppie PlaasVenue
Bride’s Make-up: Alzaan van Niekerk Professional Make-up Artist
Bride’s Hair: Marguerite Botha @ Salon Hair Inc.
Bride’s Dress: Deon Oelofse
DJ: Armando
Flowers: Pic-i-Lily