Isabella | Doop 1


Isabella is gedoop op ‘n pragtige sonskyn Sondag in November. Die geleentheid

het plaasgevind by haar ouers se huis in Riebeek-Wes. Dit was ‘n feestelike oggend

en Isabella was sommer baie opgewonde toe die eerste doopwater op haar voorkoppie

val. Sy het geglimlag van oor tot oor met haar handjies in die lug! Daarna het al die

maatjies Isabella se eerste verjaarsdag saam met haar gevier en almal het dit so geniet!

Dankie mamma Heidi en pappa Allen dat ek die geleentheid vir julle kon vasvang.

Dit was so lekker om te kon sien hoe groot sy geraak het vandat ek haar die laaste keer

met haar newborn-fotosessie gesien het. Sy is pragtig en so ‘n gelukkige dogtertjie!

Hier is solank ‘n voorsmakie van die dag se foto’s.

 


One thought on “Isabella | Doop

Comments are closed.