Monthly Archives: August 2016


Michael & Jean-maré {trou by Uitsig Wedding venue}

Michael en Jean-maré het die knoop deurgehaak op Saterdag, 13 Augustus 2016, by die pragtige Uitsig Wedding Venue buite George. Jean-maré het asemrowend mooi gelyk en Michael het van oor tot oor geglimlag elke keer as hy vir haar gekyk het. Die twee se liefde vir mekaar kan mens maklik aanvoel! Dis ‘n band so sterk en spesiaal en jy kan sien die twee is vir mekaar bedoel! Die venue wat […]


Louis & Magda {trou in Calitzdorp}

Louis en Magda het die knoop deurgehaak op Saterdag, 6 Augustus 2016, by die Klokkie Pakstoor buite Calitzdorp. Dit was ‘n pragtige, sonnige wintersdag vir Louis en Magda se bruilofsfees. Hulle het hul familieplaas se pakstoor omtower in ‘n pragtige troulokaal met die mooiste dekor en lekkerste kos. Dit was ‘n gesellige troue en ‘n makietie tot laat! Julle het pragtig gelyk Louis en Magda! Mag julle ‘n geseënde en […]

Louis_Magda_Wedding_Calitzdorp

Juan & Adele {verlief en verloof}

Dit was ‘n reënerige en winderige middag, maar Juan en Adele het hulle nie laat afskrik nie! Hulle het ook besluit om hulle vierpotige kinders saam te bring – en was hulle nie opvreetbaar oulik nie! Pippa en Kaptein het sommer dadelik my hart gesteel met hulle liefdevolle geaarthede. Ek kon dadelik sien dat hierdie twee honde-kinders vir Juan en Adele nommer 1 is! Kyk net hoe oulik is die […]

Juan_Adele_Engagement_Shoot_Oudtshoorn

Louis & Magda {verloof}

Op ‘n lekker warm wintersmiddag het ek deur gery Calitzdorp toe om Louis en Magda se verlwoingsfotosessie te doen. Hulle trou Saterdag, 6 Augustus, op hul familieplaas buite Calitzdorp en ek het die voorreg om hulle groot dag vas te vang! Ek weet sommer dit gaan ‘n lekker makietie wees en dat daar tot laat geskoffel gaan word in die skuur. ♥


Wilri & Paul {Hoërskool Punt Matriekafskeid}

Op Saterdag 30 Julie, was dit Hoërskool Punt in Mosselbaai se matriekafskeid! Dit was ‘n pragtige sonskyn dag en die matrieks het omtrent uitgehang hierdie jaar met hulle pragtige rokke. Hier volg Wilri en Paul se fotosessie. Mal oor haar vloeiende rok!


Anke & Jean {Hoërskool Punt Matriekafskeid}

Dit was weer tyd vir Hoërskool Punt in Mosselbaai se matriekafskeid en hierdie jaar het die paartjies behoorlik uitgehang! Hier volg ‘n paar foto’s van Anke en Jean se fotosessie. Kyk net hoe mooi het hulle gekyk!


Bouwer Gesin

Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar hulle wortels bly as een. ♥ Die Bouwer gesin het besluit om ‘n fotosessie te doen aangesien hulle mekaar so min sien. Hierdie vier is ‘n hegte gesin en mens kan die waardering vir mekaar sommer gou optel! Die band wat Leandré se ouers met haar man het, is so spesiaal. Hy is vir hulle soos hul eie seun […]


Ouma Annake word 70!

Ouma Annake het 70 geword en haar kinders en kleinkinders het haar verras met ‘n familiefotosessie! Mag julle hierdie foto’s vir altyd koester en al die goeie oomblikke onthou. ♥ Jy is altyd daar vir my as ek huil, as ek lag, in die oggend, in die nag Jy is daar vir my as ek kerm en kla, oor goed wat my pla Jy luister na my ek hoor die […]