Monthly Archives: March 2016


CP & René {verloof}

CP en René ken mekaar al van skooldae en die liefde blom behoorlik tussen die twee! CP het vir René gevra om te trou op 25 September 2015. Julle is pragtig en ek sien uit om jul spesiale dag saam met julle te deel in Desember!

CP_Rene_Engagement_Shoot_Oudtshoorn_Wedding_Photographer

Hythem & Ronel {wedding @ Down to Earth}

On Friday, 18th of March 2016, I had the privilege to share Hythem and Ronel’s wedding celebration at the stunning Down to Earth Venue in Heroldsbay. Hythem and Ronél’s love story ♥   Hythem: “I want you to go bring hope to those who have lost everything”. I think back on the words God spoke to me while sitting in the shade of a tent almost five years ago in Cunisa. I […]

Hythem_Ronel_Wedding_Down_to_Earth_Wedding_Venue_Garden_Route_Photographer

Die Nel Gesin

Ontmoet die Nel gesin ♥ Morne is oppad om weer oorsee te gaan werk en daarom het ma Maria dit goed gedink om ‘n vinnige familiefotosessie in te werk. Mens kan sommer die liefde tussen die vier aanvoel. Dankie dat julle so gemaklik voor die kamera was! Ek het die sessie baie geniet! Geniet jul foto’s!

Nel_Family_Photo_Shoot_Oudtshoorn_Photographer_

Jeandré word 3!

Jeandré het onlangs sy derde verjaarsdag gevier met ‘n Ninja Turtle partytjie gevier! Hy en sy maatjies het dit omtrent geniet met die maskers en die springkasteel. Baie geluk kleine Jeandré. Hoop jy het ‘n baie spesiale dag gehad!

Jeandre_Birthday_Party_Oudtshoorn

Kosbare liefde tussen ‘n ma en haar dogter {familie}

♥ ‘n Dogter mag jou skoot ontgroei, maar sy ontgroei nooit jou hart nie ♥ Veronique se ma verjaar amper en sy het dit goed gedink om vir haar ma ‘n fotosessie te gee vir haar verjaarsdag. Kosbare oomblikke is vasgevang tussen Veronique, haar ma en haar dogtertjie. Genier jul foto’s!

Family_Photo_Shoot_Oudtshoorn_Klein_Karoo

Seniorbal {Deel 2}

Dit was weer tyd vir Hoërskool Gimnasium se jaarlikse Seniorbal en die matrieks kon weer ‘n bietjie mooi maak om ‘n aandjie uit te geniet. Hier is ‘n paar foto’s van die tweede groepie wat ek afgeneem het vir die middag. Ek hoop julle het ‘n baie lekker aand gehad! Geniet die foto’s!

Senior_Dance_Oudtshoorn_

Seniorbal {Deel 1}

Dit was weer tyd vir Hoërskool Gimnasium se jaarlikse Seniorbal en die matrieks kon weer ‘n bietjie mooi maak om ‘n aandjie uit te geniet. Hier is ‘n paar foto’s van die eerste groepie wat ek afgeneem het. Ek hoop julle het ‘n onvergeetlike aand gehad! Geniet die foto’s!

Senior_Dance_Oudtshoorn_